Van groen-en-goud na rooi toga vir dok Rassie

DOCRASSIE_02_PM

POTCHEFSTROOM, NOORDWES - Suid-Afrika se rugbymeester heet nou amptelik doktor Rassie Erasmus.

Die Noordwes-Universiteit het 'n eredoktorsgraad aan Erasmus toegeken.

As afrigter en direkteur van rugby het hy die Springbokke tot twee agtereenvolgende Wêreldbekeroorwinnings gelei en in die proses Suid-Afrikaners uit alle oorde agter die span verenig.

Die NWU het hom om dié rede vir sy bydrae tot rugby én nasiebou vereer.

Paid Content